Wish: Eg of bly weg?

Die Wish aanlyn shopping app beskik oor baie lae pryse op baie mode-items en bykomstighede vir mans en vroue, maar dit is ’n risiko om op Wish iets te koop. Jy gaan nie weet of die produkte wat jy gaan kry legit is nie, totdat jy dit bestel en ontvang het nie (indien jy dit ooit ontvang).

Wish is net so wettig soos Amazon, Takealot en eBay. Die maatskappy bestaan werklik en daar is regte mense wat produkte op die webwerf verkoop.

Direk vanaf die fabriek

“Aangesien die verkopers op Wish oral in die wêreld geleë is (maar meestal in China), neem die verskeping langer en die kwaliteit van die produk is baie laer, daarom die lae pryse. Wish is ’n mobiele inkopiewebtuiste wat kopers direk aan handelaars verbind wat goedere in Chinese fabrieke vervaardig en verkoop,” verduidelik ToughNickel.

“In teenstelling met die meeste aanlyn inkopie-ervarings, waar jy van ‘n kleinhandelaar koop, kom ’n item van Wish direk van die fabriek af. Daar is geen middelman nie, wat dan laer pryse en minder kwaliteitkontrole beteken.” Die pryse is ook laer as normaal, omdat jy dit nie in n winkel gaan koop nie. Daar is geen gebou waar jy dit gaan koop nie, asook geen kassiere wat jou help nie. Alles word direk uit die fabriek in China gepos.

Poskantoor se kostes nie ingereken

Daar is ook kostes verbonde aan die pakkies wat jy in die pos kan verwag. Elke item wat jy bestel, word teen ’n fooi van R25.85 by die poskantoor afgelewer. Indien jy vyf van dieselfde items bestel, word dit in vyf individuele pakkies gepos, wat die koste van ’n klein, eenvoudige item hoër maak.

Foto: Facebook


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *