HNK presteer op Paasfees-toernooi

Hoërskool Noord-Kaap (HNK) se eerste rugbyspan het die afgelope Paasnaweek aan die Kearsney Easter Rugby Festival in Botha’s Hill net buite Durban deelgeneem. 

Die toernooi staan bekend as een van die top Paastoernooie in die land met van die land se voorste skole. 

Hier is hulle uitslae:

HNK verloor 10-29  teen Selborne College.

Teen halftyd was HNK 0-19 agter.

HNK wen 27-21 HTS Middelburg (die Rooi Bulle)

HNK wen 24-19 teen Dr. E.G. Jansen van Boksburg.

Volgens Gerrit Myburg van HNK was kommentators en beamptes baie beïndruk met die span se agterspelers en ondernemende spel. “HNK was
oorwegend baie kleiner as hul opponente.”

Die volgende spelers het uitgeblink:

Elzandro Fredericks (kaptein)

Keano Windvogel (buitesenter)

Franco Stassen (slot)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *