FiND iT: Digitale handelsmerkbestuurder

FiND iT is op soek na ’n digitale handelsmerkbestuurder om by ons dinamiese bemarkingsafdeling aan te sluit.

Die ideale kandidaat is passievol, energiek, vriendelik, netjies en iemand wat uit die boks kan dink. Jy moet bo-gemiddelde kommunikasie-vaardighede hê en moet kan bybly by die vinnige pas van aanlyn media.

Die ideale kandidaat moet bemarkingsveldtogte kan uitdink en uitvoer op alle sosiale media en digitale platforms en verskeie hulpmiddels kan gebruik om lesers en kliënte te bereik.

FiND iT is gestel op syfers, deursigtigheid, kreatiwiteit, strategiese beplanning en om die boodskap korrek en aan die regte gehoor oor te dra.

Jy moet bereid wees om met ons produksie-span, interne rekeningbestuurders te kan werk. Jy moet die sinergie tussen redaksionele- en bemarkingskopie verstaan.

Die digitale verkoopsbestuurder sal direk aan die redakteur verslag doen.

VERANTWOORDELIKHEDE:

VELDTOGTE ONTWIKKEL EN UITVOER

Ontwikkel, implementeer, in stand hou en groei van bemarkingsveldtogte – verantwoordelik vir beide die interaksie en terugvoer;

Beplan, implementeer en analiseer digitale kanale;

Werk saam met skrywers en die ontwerpspan om aan alle kanale kopie en bemarkingsmateriaal te lewer;

Analiseer en opstel van verslae;

Bestuur dag-tot-dag operasionele take;

Moet aan verskeie projekte op een slag kan werk, met baie streng spertye

BEMARKINGSANALISE:

Onderhou analise van bemarkingsplanne en dryf doelwitte;

Bly op hoogte van ander media en bemarkingsaksies;

Skep en doen aanbiedinge vir nuwe kliënte;

Identifiseer potensiële verbeteringe

VEREISTES:

2-4 jaar verkoopsondervinding;

Streng analitiese denkwyse;

Goeie kommunikeerder op skrif en in persoon;

Moet ’n mate van digitale ondervinding hê;

Moet grafiese kuns ondervinding hê;

Moet kan foto’s neem en die estetiese waarde in veldtogte sien;

Vermoë om onder druk te werk;

Vermoeë om verslae op te stel;

Spanspeler wat inisiatief kan neem

WAT IS FIND IT:

FiND iT is ’n aanlyn koerant wat die voorloper vir Afrikaanse nuus in die Noord-Kaap is. Die platform beskik oor meer as 40 000 lesers ’n maand en meer as 200 000 bladlese.

FiND iT is toegewyd daaraan om nuus dadelik aan die leser oor te dra – gratis. Tesame met redaksionele kopie, bied FiND iT opwindende bemarkingsaksies vir maatskappye, wat deur ons digitale verkoopspan gedryf word.

DOEN AANSOEK:

Stuur ’n CV van slegs twee bladsye. Stuur ’n kort opsomming van wie jy is en hoekom jy by FiND iT wil aansluit, in Afrikaans. Korrekte spelling is van kardinale belang.

*Slegs aansoeke wat aan die bg. vereistes voldoen, sal oorweeg word.

STUUR AANSOEKE AAN:

Jana Grobbelaar

157 Du Toitspanweg

Kimberley

8301

jana@find-it.co.za

0761633746

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: