Dros-verkragter nie in hospitaal weens oordosis

Nicolas Ninow, die 21-jarige verkragter wat na bewering ‘n sewejarige meisie in September in 2018 verkrag het, is nie in die hospitaal weens ‘n oordosis dwelms nie. So sê die departement van korrektiewe dienste (DKD) in wie se sorg Ninow is, volgens Netwerk24.

Dit volg nadat ‘n burgerregteorganisasie teen verkragting, #NotInMyName, glo ‘n verklaring uitgereik het. In die verklaring is gesê die verkragter is Vrydag in die Kalafong-hospitaal opgeneem nadat hy homself met ‘n naald vol dwelms in die verkeerde aar ingespuit het.

“Ninow het hom vroeër die week by die Kgosi Mampurur II-gevangenis se gesondheidsdienste aangemeld,” sê Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die DKD in ‘n verklaring.

Volgens Nxumalo is hy deur die departement se gesondheidswerkers deursoek. “Hulle het aanbeveel dat hy na ‘n eksterne mediese sentrum verwys word vir verdere ondersoek.”

Die Kalafong-hospitaal het aan FiND iT bevestig dat Ninow in die hopsitaal is. Die mediese probleem is nie bekend nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: