Sun. Mar 24th, 2019

Hansie Galloway vrygelaat

Die staat het Vrydagoggend hul saak teen Galloway teruggetrek waarna hy vrygelaat is. Hy was nege dae in aanhouding.

Galloway is op 7 Maart deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n interdik oortree het.

Advokaat Mafaro, Galloway se verdediging, het aangevoer dat die applikant die geleentheid moet kry om sy naam te herstel. “My kliënt se naam is die afgelope week geskend nadat die hegtenisneming ongegrond was. Ek voel dat my kliënt die geleentheid moet kry om sy kant van die storie te stel.”

Landdros Doll Mokoto het gesê die feit dat die saak teruggetrek is, genoeg moet wees om sy naam te herstel en dat sy hom dus nie die geleentheid gaan gee om te praat nie.

Mafaro het verder gesê sy kliënt is opsetlik en wederregtelik te na gekom. “Ons het geen beswaar teen die klag wat teruggetrek word nie en gaan dus nie opponeer nie.”

Hy het aangevoer dat hy al op meer as een geleentheid vir die hof gevra het om die dokument van die saak te trek. “Daardeur sou die hof gesien het dat daar geen klagtes was nie.”

Volgens die klaagster wat Galloway laat arresteer het nadat hy met sy verskyning haar op 7 Maart dreigemente en lelike woorde toegesnou het, blameer sy die staat vir die terugtrekking van die interdik. “Die interdik wat deur die hof uitgereik is, is foutief gedoen deur slegs van voorletters en vanne op die interdik gebruik te maak.”

Volgens die verdediging kan die voorletter en van op die interdik na enigiemand verwys en is dit nie noodwendig haar voorletter en van nie.

Die klaagster se ma, *Annie, het in Junie 2018 ‘n interdik teen Galloway uitgeneem namens al die familie, insluitend die klaagster. “Net my voorletter en van staan op die interdik en Galloway se advokaat voer aan dat dit enigiemand kan wees. Ek is die enigste een in die familie met daai voorletter en van, hoe kan dit nie ek weens nie?”

Die interdik volg nadat Galloway na bewering sy huidige vriendin se negejarige meisie seksueel aangerand het. Annie, die ouma en voog van die meisie, het die interdik gekry nadat hulle die saak teen Galloway  gemaak het omdat hulle bang is vir hom. Die meisie was vier tydens die beweerde misdryf.

Die klaagster en haar ma, wat vanoggend by die hof was, het ‘n nuwe interdik teen Galloway uitgeneem.

Galloway staar steeds ‘n saak van seksuele aanranding in die gesig. Hy moet dus op  23 Mei weer in die hof verskyn wanneer die saak gaan begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: