“Ek het gewerk om my doelwitte te bereik,” – vertel Chantelle, nou 25kg ligter.

Vanaf skooldae sukkel Chantelle Steyn (26) al met haar gewig. Sy vertel dat sy haar hele skoolloopbaan oorgewig was en dat sy alles moontlik probeer het om gewig te verloor. “Niks was ooit suksesvol nie.”

Haar reis was nie maklik nie en dit het haar byna nege jaar gevat om gemaklik in haar eie lyf te voel.

Hoekom verander?

Chantelle vertel dat sy moeg was om oorgewig te wees. “Die samelewing is baie bevooroordeel oor hoe mense lyk en as jy bietjie oorgewig is. Ek besef mense bedoel nie altyd om lelik te wees nie, maar ek is ‘n saggeaarde mens- so kommentaar oor hoe ek lyk neem ek ter harte. En dit maak seer.”

Chantelle se reis

In 2011 het sy besluit dat sy iets omtrent haar gewig wil doen en baie navorsing oor dieetplanne en ‘n gesonder leefstyl gedoen. “Ek het vir myself klein doelwitte gestel oor wenke wat ek tydens die navorsing gekry het en probeer gesonder eet.”

“Teen Julie 2012 het ek baie gesonder geëet.  Ek het ook stelselmatig, sommer in die gemak van my eie huis, begin oefen.”

Drie sakke aartappels ligter

Chantelle het in die tydperk van ‘n jaar en ‘n half, ongeveer 30kg verloor.”

In 2016 het Chantelle swanger geraak met haar eerste baba. “Ek het meer begin eet en ek het ongesonde kos geëet. Ek het geëet waarvoor ek lus was.”

Sy vertel  sout- en asynskyfies was al wat haar met naarheid tydens haar swangerskap gehelp het. “Gaskoeldrank was my voorland omdat dit weer gehelp het met sooibrand.”

Net na haar dogtertjie se geboorte het sy besluit dat sy weer wil terugkeer na die “gesonder Chantelle” wat sy voor haar swangerskap was. Sy het dadelik begin om haar porsies kleiner en gesonder te maak.  Slegs sewe maand later, was sy 27kg ligter op die skaal.

Haar planne word omgekrap

Maar, soos die noodlot dit wou hê, het sy ‘n maand later uitgevind dat baba nommer twee op pad is!

As gevolg van die swangerskap het Chantelle weer al die gewig wat sy verloor het opgetel, maar ses maande na die geboorte in Februarie, het sy Augustus weer gesonder begin gesond eet. Sy het ook by Virgin Active aangesluit het, waar sy probeer om vyf dae ‘n week te oefen. Sy het ook besluit om ‘n “before” foto te neem, sodat sy haar vordering kon dophou.

Sy het 2019 op ‘n goeie noot afgeskop met resultate wat sy duidelik aan haar lyf kon sien.  In Maart 2019, slegs sewe maande later, het sy ‘n totaal van 25kg afgeskud.

Picture: Lizell Muller-Hamman, StarPix Photography

Ondersteuning en Motivering

Om gewig te verloor het jy mense nodig wat jou deur die proses ondersteun en Chantelle vertel dat sy dit nie sou kon regkry sonder die motivering van haar man, Peter Steyn, nie. “Hy motiveer my en ondersteun my in alles wat ek aanpak.”  Sy vertel ook dat haar ma, Lindie Kapp, haar ook baie ondersteun het.

Chantelle erken foto’s en verhale, soos haar eie storie, het haar ook gemotiveer  om aan te hou met haar doelwit  en ‘n gesonder leefstyl te handhaaf.

Uitdaging

Om te oefen was een van Chantelle se grootse uitdaging tydens die proses. “Ek is nie ‘n baie aktiewe of sportiewe persoon nie, maar wanneer ek die verskil sien, weet ek dat oefening ‘n groot rol in die proses speel.”

Sy vertel ook verder dat dit baie motivering gevat het om na elke swangerskap weer te begin. “Dit het gevoel of ek elke keer van voor af moet begin omdat ek al die gewig wat ek voor elke swangerskap verloor het, tydens die swangerskap weer opgetel het.”

Een van die grootse aanpassings wat sy moes gemaak het was om minder te eet. “Ek eet nog steeds alles, net kleiner porsies. Ek probeer om nie na 19h00 te eet nie, maar met twee klein kinders is dit soms moeilik.”

Aanhouer wen

Die proses was nie maklik nie en Chantelle het menige kere gedink aan oop gee. “Om resultate te sien het my gehelp om aan te hou oefen en gesond eet.”  Sy vertel dat sy haar gewig in ‘n dagboek geskryf het en dan elke week of twee, haar vordering langsaan dit geskryf het. “Ek het ook klein/ haalbare doelwitte gestel, en een groot doelwit.”

Huidige leefstyl

Chantelle vertel dat sy nie ‘n spesifieke dieet het wat sy volg nie. Sy besluit elke dag wat sy wil eet en maak aanpassings deur die dag. “Ek kies wel gesonder opsies as voorheen. 

Die juffrou vertel dat sy ‘n gesonde ontbyt eet, pouses ‘n koppie koffie met geen suiker drink en ook ‘n vrug eet.

“Elke middag is anders, ek eet party dae kos wat oorgebly het van die vorige dag, of sommer iets wat in die yskas is wat vining is om te maak. Ek sal dan soms ‘n handjievol van die kinders se skyfies eet. Aandete eet ek gewoonlik saam met die kinders, maar eet dan net ‘n klein porsie,”

Indien Chantelle teen 20h00 in die aande honger raak, geniet sy ‘n vrug of sal sy peusel aan aandete.



Chantelle se raad

Chantelle vertel dat dit baie belangrik is om die regte mindset en houding te hê. “Jy moet vir jouself ‘n doelwit stel, al is dit hoe klein. Kry mense om jou te motiveer en te help.  Dit is harde werk en baie deursettingvermoë, dis is nie maklik nie, maar dit is die moeite werd!”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: