December 7, 2021

Nuutste wateraanleg by Newton ’n pypdroom

Onvoltooide wateraanleg by Newton-opgaardam.

Die nuutste wateraanleg by Newton-opgaardam wat verskeie woonbuurte in Kimberley van nuwe waterpype en vars water sou voorsien se installasie is vir ’n geruime tyd deur verskeie kontrakteurs gestaak.

“Wanbestuur is op die ou end die oorsaak vir die munisipaliteit se mislukking om Kimberley se inwoners van water te voorsien. Dit is duidelik aan die waterpype wat by Newton-opgaardam verlate lê. Die opgradering sou lekkasies en gebarste pype voorkom en toegang tot water verbeter. Die kontrakteur het slegs aan die begin van die jaar teruggekom om sy toerusting te verwyder en is sedertdien nog nie weer gesien nie. Omrede dit ’n algemene verskynsel is vir kontrakteurs om te onttrek van staatsprojekte weens betalings wat skort, kan ons slegs spekuleer waarom die kontrakteur die projek onvoltooid gelaat het,” verduidelik Andrew Louw, DA-premierskandidaat van die Noord-Kaap.

FiND iT het die woordvoerder van Sol Plaatje, Sello Matsie, gekontak vir meer inligting oor die projek en kontrakteur, maar het nog nie teen die tyd van publikasie terugvoering ontvang nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *