Twee vasgetrek vir koperdiefstal

UPINGTON – OP Dinsdag 14 November het die polisie opvolgwerk gedoen oor inligting wat ontvang is van twee verdagtes wat ’n wit BMW ry.

Die polisie het die voertuig in Paballelo gestop en deursoek. Hulle het op ’n hoop koperkabels met ‘n geskatte waarde van R8 500 agter in die voertuig afgekom.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie, sê: “Altwee verdagtes wat onderskeidelik 37 en 51 jaar oud is, is aangehou vir vermoedelik gesteelde goedere omdat hulle nie kon bewys die voertuig behoort aan een van hulle nie. Hulle sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: