Vuurwapen-amnestietydperk kry ’n hupstoot oor 200 wapens wat oorhandig word

Genl. Bheki Cele, Minister van Polisie, sal op vandag meer as 200 ingehandigde vuurwapens en duisende rondes ammunisie ontvang.

’n Wapenhandelaar in Johannesburg het die Suid-Afrikaanse Polisiediens versoek om ongewenste of ongelisensieerde vuurwapens as deel van die vuurwapen-amnestieveldtog oor te gee.

Die vuurwapen-amnestietydperk het op 1 Desember 2019 begin. Dit duur tot einde Mei.

Minister Cele en die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, sal by hierdie oorhandiging ook ’n verslag gee oor die vordering van die landswye amnestie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: