Ontwurm jou hond

Wurms by honde is baie algemeen en kan baie maklik oorgedra word. Die ontwurmingsproses is baie belangrik omdat wurms siektes kan veroorsaak, nie net by honde nie, maar ook by die eienaars.

Hoe gereeld

Volgens dr. Van der Merwe, ’n veearts by Belgravia Veterinary Clinic, is dit belangrik om jou honde gereeld te ontwurm. Sy stel voor dat babahondjies een keer ‘n maand en groot honde elke drie tot ses maande ontwurm word.

Behandeling vir wurms

In Kimberley is Spirocerca, meer bekend as die wurm in die keel, baie algemeen. Spirocerca lupi is ‘n potensieel dodelike parasitiese wurm wat in knoppies in die slukderm van honde woon. Volgens dr. Van der Merwe, kan honde wat besmet is opgooi nadat hulle geëet het en selfs doodgaan. Sy stel voor om jou hond te behandel met ‘n produk genaamd Muldemax. Dit is ‘n ontwurmingsmiddel en spesifiek vir honde met “die wurm in die keel.”

Van watter ouderdom af

Kein hondjies drink aan hul ma en kan so melkwurms inkry. Daarom is dit belangrik om jou klein hondjie al van ses maande af te ontwurm.

Het my hond wurms?

“Dit is nie altyd so maklik om te identifiseer of honde wurms het nie,” sê dr. Van der Merwe. Daar is wel tekens dat jou hond wurms mag hê. Hulle tandvlies is bleek, hulle mag dalk skielik gevwug verloor of diarree het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: