Bêre kos korrek

Dit is so maklik om alles in die yskas te bêre: vrugte, groente, lekkers, brood. Dikwels kan dit kos se rakleeftyd verleng, maar die lae temperature kan ook die voedsel beskadig.  

Voedsel wat in ‘n kas gebêre moet word

  • Die volgende voedsel moet in ‘n kas gebêre word waar dit buite bereik is van lig. Brood kan in ’n broodblik gebêre word. Voeg ’n bietjie sout in die broodblik om die brood langer vars te hou en te beskerm teen muf.
  • Sjokolade is maklik om te bêre. Plaas dit in ‘n donker kas en nie in die yskas nie.
  • Heuning kan baie lank hou indien dit op die regte manier gebêre word. Hou heuning op ‘n koue, donker plek, maar nie in die yskas nie. In die yskas kan dit kristaliseer en sommige van sy goeie eienskappe verloor.
  • Olyf olie moet gestoor word teen kamertemperatuur en ver van direkte sonlig. Moenie dit in die yskas hou nie, omdat wit stukkies in die olie, wat eintlik water is, sal vorm..

Voedsel wat op ’n kombuisrak of tafel gestoor kan word

  • Lemoene en ander sitrusvrugte kan direk op die kombuistafel gebêre word. Moenie die yskas hiervoor gebruik nie omdat lae temperatuur die vrugte minder lekker sal maak en minder voordelig vir jou gesondheid sal wees.
  • Komkommers mag in die yskas gebêre word, maar slegs vir ‘n paar dae. Die lae temperatuur sal dit baie vinnig laat verrot. Om dit so lank as moontlik vars te hou, moet jy dit buite die yskas hou.
  • Tamaties moenie in die yskas gebêre word nie. Dit veroorsaak dat hulle hul natuurlike smaak verloor. Bêre dit eerder teen kamertemperatuur in ‘n goedgeventileerde mandjie of houer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: