Yolandie Els glo veilig by ouers

CHRISTIANA. – Yolandie Els, eggenoot van 2018 se sesde sterkste man ter wêreld, is glo veilig by haar ouers.

Johan “Strongman” Els het gister op sy Facebookblad ’n foto van Yolandie gedeel met die woorde: “My pragtige vrou Yolandie Els is vermis. As enige iemand haar sien of iets weet kontak my asb. Dadelik. Die polisie en speurders doen ook als wat hul kan.”

Kapt. Aasje Botma, polisiewoordvoerder vir Noord-Wes, het bevestig daar is nie ‘n vermiste persoon aangemeld in Christiana nie.

Louise Gilbert van Eeden, wie ook na Yolandie help soek het, het slegs aan FiND iT bevestig Yolandie is veilig.

Jannie van der Merwe, Yolandie se pa, het op Facebook kommentaar gelewer sy is veilig by haar ouers. Die oorsaak van hoekom sy weg was, is nog nie aan FiND iT bevestig nie.

FiND iT het verlede jaar ’n artikel oor Johan gedoen. Hy het in 2018 die titel van die sesde sterkste man by die world strongest man-kompetisie gewen. Hy het ten tye van die artikel 250 kg gebench en ’n Afrika-rekored van 405kg deadlift aangeteken.

FiND iT het Johan gekontak en wag vir sy terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: