Ervare Dakar deelnemer sterf tragies

Die Portugese deelnemer, Paulo Goncalves (40), het onverwags in ’n motorfietsongeluk gedurende die Dakar-resies gesterf.

Mediese hulp toegedien

Die organiseerders van die resies het op 12 Januarie om 10:08 ‘n waarskuwing gekry en ‘n mediese helikopter gestuur wat hom agt minute later bereik het. Hy is na die naaste hospitaal geneem waar hy dood verklaar is.

Gerespekteerde man

Hierdie jaar was die dertiende keer dat hy aan hierdie twee-week resies deelgeneem het. Hy het in  2006 sy debuut gemaak en vier keer in die top-tien geëindig. Goncalves was ’n gerespekteerde en inspirerende Dakar-deelnemer en baie het na hom opgesien.

Vandag se Dakar afgestel

Die res van die deelnemers ly steeds aan skok oor hierdie nuus. Vandag se resies is afgestel as gevolg van die onverwagte tragedie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: