Bloemfontein-DBV vra hulp vir Brody na vuurwerkongeluk

BLOEMFONTEIN- ‘n Hond het ernstig seergekry nadat kinders na bewering vuurwerk in die hond se oor laat afgaan het.

Die telefoon kon hierdie Nuwejaar nie ophou lui nie. Elke vyf minute was daar ’n noodoproep oor diere, maar ons voel asof ons vir Brody in die steek gelaat het, sê Bloemfontein se DBV.

Brody kom van ’n klein dorpie, Winburg, af-120 km vanaf Bloemfontein. Die DBV het ’n oproep van ’n bejaarde dame gekry wat gesien het hoe drie kinders, omtrent tien jaar oud, vuurwerk in ’n hond se oor laat afgaan. Brody het geskree en gehuil soos wat die kinders hom seergemaak het. Die dame het alles in haar vermoë probeer om die kinders weg te jaag, maar as gevolg van haar ouderdom kon sy nie daarin slaag om hulle weg te kry nie. Die kinders het later met die hond weggehardloop.

Bloemfontein se DBV het op Winburg aangekom en gekyk of hulle vir Brody kon kry. Die dame het hulle gewys waar die voorval gebeur het en saam het hulle die hele omgewing gedeursoek. Ongelukkig kon hulle nie vir Brody opspoor nie.

Drie dae later het die DBV weer ’n oproep gekry oor ’n babahond wat in ’n gat opgespoor is. Die DBV het die bejaarde dame gevra om die hond uit te ken en sy het bevestig dat dit Brody was. Brody het ernstige beserings opgedoen en sy oor was byna heeltemal af.

Die hond was in skok en wou nie gehad het die veearts moet aan hom vat nie. Daar is maaiers in die hond se oor gevind, asook swart merke waar hy gebrand is. Brody moet ’n groot operasie ondergaan. Daar is ernstige infeksie by sy kop en brein en hy mag dalk sy oor verloor.

Bloemfontein se DBV vra die gemeenskap om Brody te help deur ’n donasie te maak vir sy operasie. Hulle kort nog R9 000 vir die operasie. Hier is die bankbesonderhede indien iemand ’n donasie vir Brody wil maak.

Bank: ABSA
Rekeningnaam: BFN Society for the Prevention of Cruelty to Animals
Rekeningnommer: 927 910 2644
Takkode: 632 005
Verwyssing: Brody

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: