MTN en Vodacom moet datapryse drasties verlaag

SUID-AFRIKA. – Die kommissie van mededinging het bevind Vodacom en MTN moet dadelik hulle prys van data met 50% verlaag.

Dit volg na ’n markondersoek van die mededingingskommissie oor die hoë prys van data in Suid-Afrika.

Luidens Netwerk24 hetTembinkosi Bonakele, voorsitter van die kommissie, bevind dié selfoonreuse buit veral armer Suid-Afrikaners uit om hulle wins op te stoot.

Van die bevindinge van die kommissie is:

Vodacom en MTN moet binne twee maande sy data-pryse sny. Vodacom en MTN kan ’n koste-verlaging van 30% tot 50% bekostig.

Hulle moet ophou om armes “uit te buit”;

Die diensverskaffers moet binne drie maande sê hoe hulle ’n hoeveelheid data gratis vir hulle kliënte gaan bied;

Al die diensverskaffers, insluitend Cell C en Telkom, moet binne drie maande ’n ooreenkoms met die kommissie aangaan waar hulle sê hoe hulle opvoedkundige inhoud beskikbaar sal stel sonder dat die gebruiker data hoef te hê om dit te leers;

Al die diensverskaffers moet binne drie maande vir verbruikers elke maand kan sê hoe hoeveel hulle aan data bestee het.

Die kommissie beskuldig verder Vodacom en MTN daarvan dat hulle Telkom en Cell C uitbuit omdat hulle nie dienste teen kosprys kan koop nie. Dit veroorsaak dat Telkom en Cell C hulle pryse moet opstoot terwyl Vodacom en MTN dit nie hoef te doen nie.

Lees die volledige artikel op Netwerk24 hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: