Jong man doodgesteek, vier in buurt gevang

KIMBERLEY – Die Kimberley-polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n man Sondagoggend omstreeks 05:00 in Evanstraat in Kimberley-Noord gevind is.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het op die liggaam afgekom en die polisie is ontbied.

Vier manlike verdagtes wat in dié buurt woonagtig is, is in verband met die slagoffer se moord in hegtenis geneem.

Enigeen met inligting wat die ondersoek kan help, kan vir adjunk a.o. Pam Mafaro by 083 2299 537 skakel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: