10 Maniere wat kinders geleer moet word

Wil jy ’n beleefde kind grootmaak? Hier is 10 eenvoudige etiketreëls wat jy vir jou kind van kleins af kan leer.

Volgens livingandloving is kinders nie van nature onbeskof nie. Soms besef hulle net nie dat dit onbeleefd is om mense te spot, mense te onderbreek as hulle praat of om nie dankie te sê as hulle ’n geskenk ontvang nie.

As jy ’n beleefde en goedgemanierde kind wil grootmaak, versterk hierdie tien moet-doen-maniere:

  • Leer jou kind om “asseblief” te sê as sy/hy iets vra.
  • Leer jou kind om “dankie” te sê as sy/hy iets ontvang.
  • Dit is baie belangrik om kinders te leer om nie volwassenes te onderbreek as hulle met mekaar praat nie, tensy daar ’n noodgeval is. Sê vir jou kleintjie dat jy na haar/hom sal luister en daarop reageer sodra jy klaar gepraat is.
  • Verduidelik aan jou kind dat dit nie beleefd is om kommentaar te lewer op ander se fisiese eienskappe nie, tensy dit hulle komplimenteer. Dit is ook nie lekker of mooi om mense gemene name te noem nie.
  • Leer jou kleintjie om mense te vertel hoe dit met haar/hom gaan wanneer hulle gevra word, en om ander dan te vra hoe dit met hulle gaan.
  • As jou kind na ’n maatjie se huis gaan om te speel of oor te slaap, leer haar/hom dan om die maatjie se ouers te bedank dat sy/hy daar kon kuier.
  • Klop aan ’n toe deur en wag vir ’n antwoord voordat jy ingaan.
  • Leer jou kind dat spot nie goeie maniere is nie en dat sy/hy om geen rede vir iemand moet spot nie.
  • Leer jou kleintjie om te sê “Verskoon my” as sy/hy per ongeluk aan iemand stamp.
  • ’n Baie belangrike ding om kleintjies te leer, is om hulle mond of neus te bedek as hulle hoes of nies, en nie in hulle neuse in die openbaar te krap nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: