Plaasaanvaller kruip in voëlnes weg

Foto: Facebook (Informanté)

NAMIBIE. – Drie verdagtes is hier minder as 24 uur na ’n plaasaanval in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het in ’n wewervoëlnes weggekruip.

Volgens die Namibiese koerant, die Informanté, is Andries van Vuuren (76) en Nina, sy vrou, Woensdagmiddag erg aangerand deur drie van hulle plaaswerkers.

Met die vinnige reaksie van die gemeenskap van Kalkrand, Hoachanas en Uhlenhorst is twee van die verdagtes enkele ure na die voorval aangekeer, berig die koerant.

“Die inhegtenisneming van die derde verdagte het gevolg kort voor middagete Donderdag toe die Namibiese polisiespoorsnyers en honde, asook ‘n helikopter van die Namibiese polisie se lugvleuel, ontplooi is.

Verder word berig dat die soektog na die derde verdagte geëindig het toe hy opgespoor is waar hy weggekruip het in ‘n groot wewervoëlnes bo-in ‘n boom. “Die aanvaller het teen die boom opgeklim en in die nes geklim in ‘n poging om die polisie se opsporingspan en hulle honde te ontduik.”

Foto: Facebook (Informanté)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: