Liggaam in begraafplaas gevind

UPINGTON. – ’n Intensiewe soektog is geloods op Rosdele buite Upington na die grumoord op ’n 27-jarige vrou.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê  die slagoffer se liggaam is gisteroggend omstreeks 11:00 in die Morning Glory-begraafplaas gevind. “’n Verbyganger het op haar liggaam afgekom en het die polisie in kennis gestel.”

“Voorlopige ondersoeke toon dat die slagoffer seksueel aangerand en verwurg is.”  

Ramatseba sê geen arrestasie is tot dusver gemaak nie. “Die polisie is op soek na Niklaas van Wyk wat hulle kan help met die ondersoek. Enigiemand met inligting word versoek om vir speurder Jacobus Albertus Visagie by 079 850 7790 te kontak.

“Die inligting sal as streng vertroulik hanteer word.”

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: