Jong man (18) vir verkragting van drie minderjarige seuns vas

POSTMASBURG – ’n Jong 18-jarige man van Postmasburg is vandag vir die verkragting van drie minderjarige seuns, twee nege en een agt, in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die seuns het na bewering op Saterdag 2 November in die straat gespeel. Dit was glo nie ver van die die verdagte se shanty af nie. 

Hy sê die beskuldigde het die kinders na sy huis geroep. Hy het hulle met ’n mes gedreig en verkrag.

Die verkragtings het oor ’n geruime tydperk plaasgevind, sê Ramatseba .

Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap vir enigeen met inligting of ander slagoffers om die ondersoekbeampte van die Posmasburgse eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) by 082 454 3643 te skakel.

Die verdagte gaan Maandag 11 November op drie aanklagte van verkragting in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ramatseba maan ouers om ten alle tye te verseker hulle kinders is onder toesig. 

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: