Nuwe R147 biljoen olieraffinadery vir Ooskus beplan

SUID-AFRIKA – Die Sentrale Energiefonds in samewerking met Aramco van Saoedi-Arabië beoog om ’n raffinadery wat 300 000 vate per dag kan verwerk aan die ooskus te bou.

Kholly Zono, hoof uitvoerende beampte van die energiefonds, het aan Reuters gesê die raffinadery behoort in 2028 gereed te wees.

“Hierdie raffinadery sal nie net die kapasiteit van Suid-Afrika vergroot nie, maar omliggende landelike gebiede sal ook daarby baat,” het hy gesê,

“Die raffinadery in Mosselbaai gaan voort en daar is geen besluit geneem om dit te sluit nie,” sluit Zono af.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: