Hond veilig aan eienaar besorg

KIMBERLEY – Die hond wat gister deur ’n inwoner in New Park opgetel is, is veilig terug aan sy eienaar besorg. 

Zinobia Breedt, die barmhartige samaritaan wat die hondjie gistermiddag gehelp het, sê sy naam is Pukka. Sy sê die woef was nie ver van sy huis af nie. Die eienaar woon ’n paar huise van waar hulle na Pukka omgesien het.

Volgens die eienaar glip Pukka uit terwyl hulle die motor by die erf uittrek, sê Breedt. Hy hardloop glo hy ’n draai voordat hy self weer by die erf inkom. 

Danksy Breedt slaap Pukka vanaand snoesig in sy eie kooi.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: