Lewe nie die moeite werd met Sassa nie

̛n Anonieme persoon (61) het aan FiND iT geskryf en gesê die lewe voel nie meer die moeite werd nie. Anoniem het 10 jaar gelede ‘n beroerte gehad en is tans in ‘n rolstoel. Dit is onmoontlik vir haar om te gaan werk.

Anoniem kry Sassa-geld, waarvan alles net op verblyf spandeer word. Daar is geen geld vir doeke, kos, krag, toiletware ensovoorts nie. Anoniem is ook ‘n diabeet en kan nie medikasie bekostig nie.

Vertel ons hoe jy voel oor die huidige bedrag wat mense vir Sassa kry. Stuur ‘n e-pos aan tania@find-it.co.za

1 thought on “Lewe nie die moeite werd met Sassa nie

  1. Kan anoniem nie by n plaaslike kliniek in Kimberley registreer as diabeet nie? Weet dat klinieke gewoonlik diabetiese medikasie en insulien verskaf aan pasiente. Jammer om te hoor van jou opdraande stryd anoniem. Hoop dat daar vir jou uitkoms sal wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: