Galloway-verhoor vandag begin

KIMBERLEY. – Hansie Galloway, wat teregstaan op aanklag van seksuele aanranding, se verhoor het vandag in die Kimberley-landdroshof begin.

Galloway is die voormalige eienaar van die kuierplek Shadows in Kimberley.

Hy staan tereg op aanklag van seksuele aanranding nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering ’n dogtertjie (9) in 2015 seksueel aangerand het. Die meisietjie was ten tye van die misdryf vier jaar oud.

Die insident het na bewering in Oktober 2015 op Douglas plaasgevind.

Lede van die Optimystic-motorfietsgroep het vanoggend buite die landdroshof met plakkate gestaan. “Enough is enough” en “No means no” was op hierdie plakkate geskryf. Drie lede van die kantoor van die premier van die Noord-Kaap, dr. Zamani Saul, was ook in die hof teenwoordig. Tremaine Barnes, die stigter van die Barefoot Campaign en ’n aktivis teen verkragting en seksuele aanranding, het ook die hofverrigtinge bygewoon.

Landdros Nulliah het aan die kinders se voog gesê sy moet seker maak dat die kinders ’n gesonde ontbyt eet, sodat hulle môre met die verrigtinge kan voortgaan.

Daar was egter ’n tegniese probleem met die kameras en die verhoor sal dus môre voortgaan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: