Buurtwag jaag verdagte na mislukte huisbraak

Die buurtwag in Carters Glen was op die spoor van ’n verdagte wat vermoedelik by ’n in huis in Wolkberglaan wou inbreek. Die verdagte het glo weggekom.

Wickus Coetzee, van Scorp Security, het aan FiND iT bevestig die bure van die huis langsaan het die eienaar gebel en gesê daar is iemand in sy tuin. Volgens Coetzee is niemand by Wolkberglaan gevind nie, maar die huisalarm langsaan het afgegaan.

Rudolph Steyn, Van Gun Pro, was op die toneel en het aan FiND iT verduidelik die verdagte het oor die muur van die huis in Wolkberglaan na die huis langsaan gespring.” Die alarm van die huis het afgegaan. Die verdagte het na bewering oor die muur van die huis langsaan gespring en in die veld verdwyn.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: