50-Jarige met koperkabels gevang

Foto: Pixabay

UPINGTON. – ’n Vyftig-jarige man is hier in hegtenis geneem omdat hy vermoedelik koperkabels gesteel het.

Die polisie het inligting oor ’n man wat koperkabels by ’n skrootwerf in die Rosedale-omgewing probeer verkoop, ontvang.

Sers. Sharon Masegela, polisiewoordvoerder, sê hulle het vinnig op hierdie inligting gereageer. “Ons het die verdagte met koperkabels gevind. Hy kon nie bewys of verduideliking gee vir waar hy die koperkabels gekry het nie. Die beraamde straatwaarde vir hierdie koper is R17 134.”

Sy sê die koperkabels is gekonfiskeer en die ondersoek duur voort.

Die verdagte sal binnekort in die Upington-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: