HTS hou hul naam hoog

Foto: Lene Geyer (afrigter en onderwyseres)

KIMBERLEY. – ’n Onderwyseres en drie leerders van die Hoër Tegniese Skool hier het die voorreg gehad om na Ierland te toer.

Lene Geyer, ’n hokkie-afrigter en onderwyseres by dié skool, en die drie seuns het aan ‘n sporttoer deelgeneem. Hulle het op 21 September vertrek en het op 30 September teruggekeer.

Meekaeel Stanfley, Joshua Pietersen en Mkululi Cebekhulu is vir die toer gekies.

Van links na regs: Meekaeel Stanfley, Joshua Pietersen en Mkululi Cebekhulu

Safiyia Stanfley, Meekaeel se ma, sê rugby-, netbal- en hokkiespelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.

“Die leerders het in die Maart/April-vakansie aan ’n liga deelgeneem en is hier gevra om deel te wees van die toer na Ierland. My seun was verskriklik opgewonde en kon nie uitgepraat raak met sy terugkeer nie.”

Sy sê dit was vir hulle almal ’n belewenis. “Hulle het soveel mense ontmoet en het verskillende plekke gesien.

“Ons is verskriklik trots op die onderwyser en hierdie leerders. Hulle het ons ongelooflik trots gemaak.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: