Rou riool vloei in straat af

Inwoners van Beaconsfield is woedend oor die stank van rou riool wat by ’n veld in Vrystaatweg opdam en in die straat afloop.

“Die riool stroom soos ’n rivier in die pad af en die reuk is ondraaglik. Ek kry die inwoners by die woonstelblok die meeste jammer omdat hulle langsaan die riooldam moet bly. Die probleem is nou vir ’n geruime tyd nog nie opgelos nie. Iemand help ons asseblief,” vertel ’n inwoner van die area. Sol Plaatje-munisipaliteit se woordvoerder, Sello Matsie, het nie teen die tyd van publikasie terugvoering gelewer op vrae oor die oorsake van die blokkasie of wanneer dit herstel sal word nie.

Riooldam in Vrystaatweg.

2 thoughts on “Rou riool vloei in straat af

  1. Were is all the party’s to vote for now or the considered care for the people that is way I won’t vote it’s a waist of time ink and paper we only get false promises and hope they don’t care for the people only them self

  2. Die situasie het vererger, dit loop nou al aan beide kant van die pad en die munisipaliteit doen niks as ‘n mens bel nie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: