Noodvergadering by Gamagara Plaaslike Munisipaliteit oor water in Kathu en Olifantshoek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n dringende vergadering met die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit geëis ná verskeie klagtes oor die voortslepende waterprobleme in Kathu en Olifantshoek.

AfriForum het in November 2018 reeds ’n navraag oor die watertekort in Olifantshoek gerig. “Daar is op verskeie geleenthede gekorrespondeer en die eerste terugvoer van die munisipale bestuurder is eers op 24 Januarie 2019 ontvang. AfriForum het ’n brief oor beweerde wanbetalings via sy regsverteenwoordiger Hurter Spies Ingelyf aan die munisipaliteit gerig. Die munisipale bestuurder het die aantygings ontken en Sedibeng Water beskuldig. Sedibeng Water het die bewering egter ook ontken. AfriForum het daarna die departement vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGHSTA), die premier en die menseregtekommissie gekontak.
CoGHSTA het onderneem om ook ʼn afspraak met die munisipale bestuurder te reël,” verduidelik Marelie Greeff, ’n woordvoerder van AfriForum Suid-Afrika

“Nóg Sedibeng Water, nóg die munisipale bestuurder het al hierop geantwoord. Die gemeenskap het uit desperaatheid naderhand ’n optog gehou. ’n Ondersoekbeampte van die Menseregtekommissie het Olifantshoek op Donderdag 7 Februarie besoek,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

“Ons gaan aanhou om die situasie te monitor tot ons voldoende antwoorde ontvang. Ons kan nie toelaat dat die gemeenskap onder politieke speletjies en onbeholpenheid ly nie,” sluit Louw af. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Olifantshoek” na 32532 (R1).

3 thoughts on “Noodvergadering by Gamagara Plaaslike Munisipaliteit oor water in Kathu en Olifantshoek

  1. Olifantshoek has had water for 2 days in some areas but not everywhere. It’s over a month now. And our water is off again in the ENTIRE Olifantshoek.

  2. I am a resident of Olifantshoek. To be honest, it’s exactly 37 day that I do not get water at MY house, and then I do not count in the one day, Sunday, when I did get water. It is absolutely disgusting to punish residents for the benefits of the “fat cats” at Gamagara Municipality. I am sick and tired of this hide and seek game. Who’se blaming who, Who’se fooling who????. We faced the very same situation at the beginning of last year, where we’ve had no water since the beginning of DecemBer 2017 until the end of Februarie 2018, after I called Focus SABC 2. After their visit we’ve had water for the whole 2018. And so the “Tom & Jerry” episode started to repeats itself in 2019.. Water is a basic need, how is it possible to let people be without their basic needs????. Maybe it’s time to get to the courts to get some solutions???????????

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: